|
Die view bewoners van Marthastraat 127, Triomf, leef bo-op ruïnes van die ou Sophiatown. Mol in haar housecoat, Pop op sy laaste bene, Lambert wat in hul jaart se verlede grawe. En Treppie, slim verby die houtjie van die galg.
By húlle is daar altyd 'n toestand. Dit het al by Oupop en Oumol begin, en nóú nog sukkel almal met hulle: die bure, die Jehovasgetuiesm die NP-stemwerwers, almal wat dink hulle is beter. En elke dag dreun om hulle die groot stad Johannesburg wat homself soos 'n ysterdinosourus van die stert af opvreet.
En dag lol hulle nog met mekaar ook.
Hulle bars om voor te bly. Want al wat hulle het, is mekaar en die dak oor hulle koppe. En hulle Volkswagen wat hulle moet wegvat Noorde toe as die groot moeilikheid kom.
Nou wag hullie dié twee dae af: 26 April 1994, wanneer Lambert veertig word, en die verkiesingsdag daarna, wanneer alles gaan verander.
Triomf is 'n boek vir die groot lag én die groot huil. Een wat jou pak, jou laat gru, jou betower. 'n Storie wat jou laat met dié verwondering: dat soveel grasie kan kom uit so 'n geneuk.
Paperback, 451 pages
Author: Marlene van Niekerk
ISBN-10: 1874901163
ISBN-13: 9781874901167
|