Home » Novels » Afrikaans » Roepman Log In | Cart Contents  |  Checkout   
Smart Search
 
Enter keyword, title, author, subject or ISBN
Advanced Search
Browse
Anthropology (1)
Biographies & Memoirs (21)
Childrens Books (9)
Comedy / Humour
Food & Wine (2)
History & Politics (7)
Languages (1)
Legends & Folk Tales (10)
Magazines (6)
Music (1)
Novels (38)
  Afrikaans (19)
  English (19)
People (3)
Poems (1)
Self Help & Psychology (1)
Sport
Travel & Maps (39)
Trees, Plants & Flowers (3)
Tribal Art, Culture & Dress (12)
Wildlife (41)
Miscellaneous (2)

DVDs / Movies (11)
Games
Gift Cards (1)
Goto...
Information
Shipping & Returns
Privacy Notice
Conditions of Use
Contact Us
Roepman
[ISBN: 0-7981-4458-0]
AU$24.95
Roepman
Click to enlarge

"Die lewe is nie 'n storie nie," waarsku Timus se pa sy dertienjarige seun wat nie aldag tussen werklikheid an verbeelding kan onderskie nie.

Roepman is egter 'n bruisende, verlokkende weerspreking van hierdie woorde. Dit is 'n storie wat die léwe self is: eerlik en outentiek, skokkend selfs, maar altyd getemper deur patos en humor wat die leser van die begin af oorrompel. Timus, aartsonskuldig omtrent die soet en duister dinge van die lewe, maar terselfdertyd aartsnuuskierig, is die leser se ore en oë.

Die plek is 'n spoorwegkamp in Durban; die tyd die stormagtige sestigerjare; dir karakters onvergeetlik: Timus se vyf susters en sy ouer broer, by wie hy lewenskennis versamel; Ouma met haar boerewysheid; Joon, die 'roepman' wie se oë wegkyk van die aardse; ant Rosie met haar sak vol klippe; Zane op sy sinistere nagtelike vlermuisjag; Melinda met die rooi panty; oom Gouws ná pay-day met 'n bos carnations wat nie vir sy vrou bedoel is nie; Gladys, stoflap in die een hand en die portret van H.F. Verwoerd in die ander; en Boytjie, haar kind, wat te groot word vir die agterplaas.

Dis 'n verhaalgegewe met filmiese ondertone; 'n milieu tot dusver nog kwalik ontgin in Afrikaans; boweal 'n verhaal wat die magiese en die realistiese op betowerende wyse verbind.

Paperback, 198 pages
Author: Jan van Tonder

ISBN-10: 0798144580
ISBN-13: 9780798144582

This product was added to our catalog on Monday 12 November, 2007.
Shopping Cart more
0 items
Notifications more
NotificationsNotify me of updates to Roepman
Tell A Friend
 
Tell someone you know about this product.
Currencies
South African News

Copyright © 2010 YeboBooks
ABN # 88 197 632 428