|
Die nimlike Liewe Heksie is terug en belewe ses nuwe avonture. In keurige, humoristiese taal en styl laat Verna Vels, met die hulp van Piet Grobler as illustreerder, die leser die opwinding beleef as Blommeland se nuwe rekenaar 'n virus kry, as die boosaardige rotbende met hul spuitwapens hulle aanval of as die trolle die kabouters ontvoer om in hul myn te gaan werk. En altyd is dit Liewe Heksie wat die heldin is, of sy nou die rekenaarvirus met haar besem vasdruk en vang en of sy 'n jaagtog op haar besem teen die trolle naelskraap wen. 'n Heerlike voorlees- en selfleesboek wat in elke skool se "boekelioteek", soos Liewe Heksie dit noem, behoort te wees. Sagteband.
118 pages
Paperback
Authors: Verna Vels and Piet Grobler
|